International Fine Arts Association. Bernice Bakker, is een van Die Hoërskool Wonderboom se talentvolle kunstenaars. Sy het onlangs deelgeneem aan die International Fine Arts Association se SA-Kampioenskappe en Grand Prix Finale en uitstekende resultate behaal.
In die Liriese afdeling het sy ’n merkwaardige punt van 92.75 ontvang en is as die algehele wenner gekroon. In die Akrobatiese afdeling het sy ook uitgestaan met ’n punt van 91.87.
Bernice se harde werk en toewyding het haar verdienste na nuwe hoogtes geneem, en Wonnies is baie trots op haar prestasies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








