)

Spogkrieket – Hoërskool Witteberg skitter

𝗦𝗽𝗼𝗴𝗸𝗿𝗶𝗲𝗸𝗲𝘁 𝗼𝗽 𝗗𝗲𝗿𝗯𝘆𝗱𝗮𝗴. Hoërskool Witteberg se 1ste dogterskrieketspan het op 16 Oktober teen die 1ste dogterspan van Bethlehem Voortrekker Hoërskool te staan gekom in ‘n T20 wedstryd. Witteberg het met spogkrieket op hierdie Derbydag na vore gekom!

BVHS wen die loot en kies om eerste te kolf. Die boulwerk van die Wittebergers het vir BVHS niks gegee om mee te werk nie.

In die eerste vier beurte sit Lize van den Bergh en Mia Daacke ongelooflik baie druk op die kolwers van BVHS. Hulle staan onderskeidelik 3 en 4 lopies af om na 4 beurte die telling van BVHS op slegs 7 te staan te bring.

Leozé Lottering en Leanné Viljoen kom daarna in en saai verwoesting deur met spogkrieket na vore te kom. Leanné neem in 3 beurte 2 paaltjies. Leozé Lottering het die kolwers raadop gehad. Sy neem ‘n rekord 7 paaltjies in 4 beurte en staan slegs 2 lopies af! BVHS se totaal na 11 beurte eindig op 21 lopies vir die verlies van al tien hul paaltjies.

Na die ruskans betree Leozé Lottering saam met Amy Kotzé die kolfblad. Die twee behaal die 22 wenlopies in slegs 2.3 beurte.

Witteberg wen die wedstryd met 10 paaltjies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal