WOW Spelfees. Minette van Zyl, graad 8 leerder van Hoërskool Framesby, Port Elizabeth (Gqeberha) het tydens die Sanlam WOW spelfees uitstekend gevaar.
Daar was tot dusver 3 rondtes.
- 1) Kring – Port Elizabeth uitdunne gehou op 26 Julie. Minette behaal die 1ste plek
- 2) Distrik – Nelson Mandela Baai uitdunne gehou op 17 Augustus. Minette behaal die 3de plek
- 3) Provinsiaal – Oos-Kaap uitdunne gehou op 31 Augustus. Minette behaal die 2de plek
Minette is nou uitgenooi na die Sanlam Nasionale Spelfees finaal wat by die Universiteit van Stellenbosch plaasvind die 28ste September. Die top 4 plekke per graad, per provinsie ontvang ‘n uitnodiging na die gala geleentheid.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








