Nasionale Basketbal Kampioenskappe. Hoërskool Oos-Moot leerder Alisha Kruger, het as deel van die Gauteng Provinsiale Dames Basketbalspan deelgeneem aan die Nasionale Basketbal Kampioenskappe.
Met die aankondiging van die 0.18 Dames Basketbalspan, span was die Oosies baie trots om Alisha se naam as deel van die span te sien.
Die Suid-Afrikaanse span het vanaf 22 tot 27 Augustus deelgeneem aan ‘n Internasionale Toernooi teen Zimbabwe. Tydens die toernooi het sy haar uitstekend van haar taak gekwyt en dit was dus geen verrassing dat sy aangewys is as ‘The Most Valued Player’ vir die 0.18 span tydens die toernooi.
Ons haal ‘n stukkie in Engels aan wat oor Alisha geskryf is: “Her versatility and skill were on full display, leading the team with confidence and making each win look straightforward”.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








