Skole hokkie. Drie leerders, Marlize Rautenbach, Juané Stuart en Ethan van der Westhuizen, en twee onderwysers, Mnr. Shawn Potgieter en Mnr. Louwrens Koekemoer, van Hoërskool Standerton het Mpumalanga verteenwoordig by verskillende toernooie as skeidsregters gedurende die vakansie.
- Marlize Rautenbach, Juané Stuart en Ethan van der Westhuizen: Hierdie leerders het aan die O/13 streekstoernooi in Tzaneen deelgeneem. Juané Stuart is gekies om die finaal van die toernooi te skeidsreg!
- Mnr. Shawn Potgieter het aan die O/16 streeks toernooi in Nelspruit deelgeneem. Mnr. Shawn is gekies om die 3de en 4de plek van die toernooi te skeidsreg.
- Mnr. Louwrens Koekemoer het aan die O/16 en O/18 streekstoernooi, wat gehou is by Michael House (KZN), deelgeneem. Mnr. Louwrens is gekies om die semi-finaal asook 3de en 4de plek van die O/16 toernooi te skeidsreg.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








