NWU wintersport byeenkoms. Hoërskool Nelspruit het die afgelope naweek teen Hoërskool Eldoraigne tuis gespeel in die NWU wintersport byeenkoms.
‘n Groot skare toeskouers het Vrydagaand die hokkiespanne kom ondersteun toe hulle op die astro onder die ligte gespeel het. Die Black Sticks kon net nie die doelhok vind nie en die wedstryd het geëindig sonder dat enige van die spanne doele kon aanteken. Die Eagles het vroeg in die wedstryd ‘n doel aangeteken en het goed vertoon. In die laaste kwart het Eldo twee doele aangeteken en die wedstryd gewen.
Gelukkig het die voorspelde reënweer eers na afloop van al die wedstryde uitgesak. Die netbalspanne het teen Hoërskool Eldorainge en Lowveld High gespeel. Hier was ook ‘n pawiljoen vol ondersteuners. Die Panthers het die skare op die punt van hul sitplekke gehad. Dit was ‘n naelbyt-wedstryd wat NHS met een doel gewen het.
Die rugbyspanne mag maar baie trots wees op die week se uitslae. Al die spanne het hul wedstryde gewen. Die Rhinos het die ondersteuners op hul voete gehad. Die Bulle van Huis Hermann Davin het oortyd gewerk deur die klok te lui elke keer as ‘n drie gedruk is! Daar was nege doele in totaal deur NHS-spelers aangeteken. NHS se spelplan het puik gewerk en Eldo is telkens deur NHS gefnuik. Die wedstryd het geëindig met Jordan Pretorius wat ‘n drie onder die pale gedruk het. Die eindtelling was 53-10.
Uitslae:
Rugby:
- NHS 1ste span wen 53-10
- 2de span wen 24-15
- 16A wen 24-0
- 16B wen 38-7
- 15A wen 38-0
- 15B wen 24-5
- 14A wen 31-0
- 14B wen 26-5
Hokkie dogters:
- NHS 1ste span speel gelykop 0-0
- 2de span wen 1-0
- 16A speel gelykop 0-0
- 16B wen 2-1
- 15A verloor 0-2
- 15B speel gelykop 0-0
- 14A verloor 0-1
- 14B wen 1-0
Hokkie seuns:
- NHS 1ste span verloor 1-2
- 2de span verloor 0-1
- 16A wen 2-1
- 16B verloor 0-1
- 14A wen 5-0
Netbal:
- NHS 1stes wen Eldo 26-25
- 1stes wen Lowveld High 59-8
- 2des wen Eldo 24-16
- 2des wen Lowveld High 2des 21-3
- 3des verloor Lowveld High 2des 1-18
- NHS 17A verloor Eldo 17A 19-20
- 17A wen Lowveld High 1stes 46-11
- 17B verloor teen Eldo 11-16
- NHS 16A wen Eldo 19-9
- 16B wen Eldo 31-13
- 16B wen Lowveld High 17A 12-4
- 16C wen Lowveld High 16B 17-6
- 16C wen Lowveld High 16A 9-3
- NHS 15A wen Eldo 20-17
- 15A wen Lowveld High 16B 33-0
- 15B verloor teen Eldo 2-31
- 15B wen Lowveld High 15A 20-0
- 15C verloor Lowveld High 15A 6-13
- 15D wen Lowveld High 16B 12-7
- NHS 14A wen Eldo 14A 16-8
- 14A wen Lowveld High 16A 28-1
- 14B wen Eldo 14B 19-17
- 14B wen Lowveld High 14A 24-1
- 14C wen Lowveld High 14A 9-5
- 14C wen Loweld High 14B 10-6
- 14D verloor Lowveld High 14B 12-17
- 14D wen Lowveld High 15B 7-3
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf