Western Mounted Games. Ses ruiters van Hoërskool Ermelo is gekies om Mpumalanga te verteenwoordig by die Western Mounted Games Nasionale Kompetisie. Die kompetisie word vanaf 1 tot 4 Oktober by die Afridome in Parys gehou.
Hoërskool Ermelo se ruiters is:
- Melissa Olivier
- Carli Huber
- Mia van Aardt
- Inge van der Walt
- Lienke van Rooyen
- Mia Botha
Melissa, Carli en Lienke verwerf ook hulle Mpumalanga Sport Konfederasie Provinsiale kleure vir perdry (WMG).
Buiten die Western Mounted Nasionale Kompetisie, is Melissa ook verkies tot die SAEF Junior Dogterspan. Sy sal Suid-Afrika verteenwoordig en sal ook meeding teen spanne van Zimbabwe, Engeland en Botswana.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf