ATKV Tienertoneel. Hoër Meisieskool Oranje se produksie “Vry” is een van agt finaliste uit ‘n totaal van 195. Oranje dring nou deur na die nasionale rondte van die ATKV-tienertoneel. Die finaliste is Dinsdag, 26 Augustus, bekend gemaak.
“Vry” sal vanaf 3 tot 6 Oktober in die Lyric-teater by Gold Reef City om die gesogte ATKV-tienertoneeltrofee meeding.
Die dramastuk is vroeër vandeesmaand as die wenproduksie op die streeksfees aangewys, maar die finaliste is eers gekies ná al agt streeksfeeste voltooi is.
Oranje se toneelgroep het Woensdag gehoor dat hulle ook deur is na die top 12, uit 148 produksies van die FAK se nasionale toneelfees. Die nasionale toneelfees vind 15 en 16 September in Pretoria plaas.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf