)

Paul Roos Sport – Paul Roosers presteer gedurende skoolvakansie

Paul Roos Sport. Paul Roosers het op ’n verskeie sportterreine gedurende die vakansie naam gemaak op die sportveld.

Na afloop van die Interprovinsiale hokkietoernooie is 8 Paul Roosers beloon met nasionale kleure. Zeke Hougaard en Reuben Sendzul is gekies vir die SA o18A-span terwyl Jake Downie vir die SA o18B-span gekies is. Joshua Smit, Ryan Williams en Barend Geldenhuys is gekies vir die SA o17-span. Op onder 16-vlak het Christo Swanepoel en Seth Paterson onderskeidelik die SA o16A en o16B-spanne gemaak.

Ook op die rugbyveld word leerders beloon vir hulle talent. Riley Norton (graad 11) word verkies vir die Suid-Afrikaanse Skolespan terwyl Ryan Jack vir die SA A-span gekies is.

Gholf

Die PRG gholfers het op hulle beurt ook naam gemaak deur ’n verskeidenheid klubkompetisies in hulle ouderdomsgroepe te wen. Tynan Vermeulen wen die Stellenbosch Junior Kampioenskap en Zandré Robberts die Devonvale Junior Kampioenskap. Andries van der Vyver behaal op sy beurt ’n 3e plek by die o19-Coastal Order of Merit” gespeel by St Francis Links.

Paul Roos se sokker- en esportspanne is die enigste wat PRG as spanne verteenwoordig het tydens die vakansie. Die o15-span het aan die Curro o15 Toernooi deelgeneem en met die louere weggestap. Tynan Vermeulen (kaptein) is as speler van die toernooi aangewys.

Die onder 17-span speel op sy beurt in die Kearnsy toernooi en stap met ’n algehele vierde plek weg terwyl die o19A-span aan die Klooftoernooi deelgeneem het en sesde geëindig het. Joshua Bailey (o19) en Asa Hani (o17) is ook as die top spelers by hulle onderskeidelike toernooie aangewys.

E-sport

Paul Roos se e-sportspanne het aan die CurroClash deelgeneem. Die Rocket League-span het die Plaat Finaal gewen terwyl ander titels hulle goed van hul taak gekwyt het en onder die top 4 geëindig het. Daarna neem die League of Legends-span aan die Mettelstate School league deel en kom teen HS Zwartkop te staan in die finaal van die liga waarna hulle hierdie liga wen.

Paul Roos sien uit na ‘n kwartaal vol sport hoogtepunte wat opbou na die tradisionele derby teen Grey College in Bloemfontein.

PRG o.18A sokkerspan
PRG e-sport
Reuben Sendzul en Zeke Hougaard Riley Norton en Ryan Jack
Tynan Vermeulen Andries van der Vyver

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal