)

SA Netbal Kampioenskappe – AHMP span Gauteng kampioene

SA Netbal Kampioenskappe. Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se o.17-netbalspan is gekroon as Gauteng Kampioene! Daarmee is hulle nou oppad na die SA Netbal Kampioenskappe. AHMP spog nie net met vier netbalspanne wat deurgedring het na die Gauteng-uitspele nie. Al vier hierdie spanne het ook nou vir die Suid-Afrikaanse Netbal kampioenskappe gekwalifiseer.

Die poelwedstryde vir die Gauteng-uitspele het vanaf Vrydag, 16 Junie plaasgevind, waarin skole mekaar die stryd aangesê het vir ’n plek in die finaal.

  • Die o.14-span dring deur na die finaal waar hulle in ’n naelbyt-wedstryd silwer medaljes verower as die tweede beste o.14 span in Gauteng.
  • Na ’n senutergende semi-finaal dring die o.16’s ook deur na die finaal en verower silwer medaljes.
  • Die vlagskip-span van die skool, die eerste span, het uitnemend gespeel en ontvang as naaswenners silwer medaljes.

Die eerste span neem vanaf 21 tot 23 Julie deel aan die DSTV Nasionale o.18 kampioenskappe om hulle posisie op die SASN o.18 ranglys te vestig. AHMP se o/17’s, o/16’s en o/14’s gaan na die SASN Nasionale Kampioenskappe wat vanaf 11 tot 12 Augustus te Boksburg sal plaasvind.

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za

https://ahmp.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

FEI Jumping World Challenge – St Stithians College delighted

FEI Jumping World Challenge. Jenna jumping for South Africa – Celebrating Old Stithian Jenna Kirk. St Stithians College, Sandton, is immensely proud of Old Stithian Jenna Kirk (Class of 2025),…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal