SA Skole Rugby. Hoërskool Monument, Krugersdorp-Noord, het drie spelers, Jan Botes, Ulrich van der Westhuizen en Sifiso Magwaza wat ingesluit is in SA Skole Rugby spanne.
Jan Botes is die SA Skole Akademie Haker, Ulrich van der Westhuizen is die SA Skole Akademie Slot en Sifiso Magwaza is ingesluit as SA Skole slot.
Monnas is saam met hierdie manne opgewonde oor hul insluiting! Tjaart van der Walt, Leeus asook Monnas se hoofafrigter sê: “Ek is ongelooflik trots op die seuns. Hul pluk die vrugte vir harde werk wat ingesit is. Hulle moet volgende week die ervaring geniet om voor ‘n vol stadion te speel, as voorwedstryd vir die Bokke vs Wallis op die Kaapstad stadion.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf