)

Voortrekker krieket – BVHS wen oortuigend teen Hoërskool Witteberg

Voortrekker krieket – Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste krieketspan het vandag geskiedenis gemaak. Hulle wen oortuigend teen Witteberg met 9 paaltjies.

Antonio Cavaleiro (kaptein) het verwoesting gesaai met die bal in die hand en 6 Witteberg-paaltjies laat kantel vir slegs 10 lopies. Sy aanvangsbouler-vennoot aan die ander kant van die kolfblad, Matthew Maritz, het 2 paaltjies van sy eie ingeoes vir slegs 4 lopies.

Juan Theunissen, Presley Lesoro en Matthew het gesorg dat die wenteiken suksesvol verbygesteek word in die 9de boulbeurt met slegs 1 paaltjie plat.

Baie geluk aan Bethlehem Voortrekker krieket se 1ste span en hul afrigters met hierdie besonderse oorwinning. Dit was ook ‘n spesiale dag omdat die nuwe Kapteinsbaadjie vir die eerste keer ingebruik geneem is. Die baadjie-oorhandiging aan die nuwe kaptein  Hendrik Janse van Rensburg, het ook plaasgevind.

Tradisie kweek Trekkertrots!

Baie dankie aan mnr. Hannes Oosthuizen en sy Witteberg-span vir die goeie gees waarin die wedstryd geskied het.

Meer skolenuushttps://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

#Trekkertrots

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal