)

Interhuis Atletiek – Paul Roos Gymnasium na afwesigheid van 2 jaar

Interhuis Atletiek. Paul Roos Gymnasium in Stellenbosch het na ‘n afwesigheid van twee jaar weer ‘n Interhuis Atletiek byeenkoms gehou. Die byeenkoms het by die Markötter Sportgronde, Vrydag 21 Januarie, plaasgevind. Die cheerleaders het die seuns heeldag vermaak. Met hierdie top kwaliteit atletiek lyk Paul Roos reg vir die komende atletiek seisoen!

Murray het beide die Geesbeker sowel as die Atletiekbeker verower. Huiskaptein, Sian Maart en sy troepe het met groot glimlagte die trofees vanaf Rektor André van Staden ontvang.

Zak Hickman (O.15) was die Junior Victor Ludorum. Zak het 902 punte vir hamergooi, 767 punte vir gewigstoot en 582 punte vir spiesgooi hehaal. Joshua Acker (O.17) was gekroon met die Senior Victor Ludorum te danke aan sy merkwaardige 934 punte met gewigstoot. Verder het hy 783 punte vir diskusgooi behaal. Joshua was in 2021 tweede op die wêreld-ranglys vir seuns O.16 met ‘n allemintige 19.88m vir gewigstoot. Hy lyk gereed om hierdie jaar as ‘n O.17 aan te hou om medaljes en rekords in te ryg!

Die volgende byeenkoms op die kalender is die Top Seuns byeenkoms op Vrydag 28 Januarie 2022 by HJS Paarl se Brugstraat-velde.

Paul Roos Gimnasium Murray se Geesbeker
Paul Roos Gymnasium: Rektor en Murray Cheerleaders
Paul Roos Gymnasium: Foto links: Storm Topley (middel) – Foto regs: Sian Maart en die Rektor
Interhuis Atletiek – Die Murray skare

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal