Voor vlnr: Markus Gous, Ayden Smith, Ashton Willemse, Janko Botma, Wian van As.
Agter vlnr: Juan Steenkamp en Petrus Labuschagne.
Tydens die finale skiet-kompetisie wat op 16 en 17 Augustus in Upingon gehou is, het die Uppieskuts puik presteer.
In die o/16 Sportergeweer kompetisie kry Janko Botma twee goue medaljes – 1 in die drie-posisie en een in die staanposisie. In die o/21 Sportergeweer kompetisie kry Juan Steenkamp twee silwer medaljes in die drie-posisie en in die staanposisie.
In die o/21 Veergeweer kompetisie kry Wian van As ‘n silwer medalje in die drie-posisie. In die o/16 Veergeweer-kompetisie kry Markus Gous ‘n brons medalje in die staanposisie.
Ashton Willemse, Uppies se rolstoel lugpistoolskut, kry ‘n silwer medalje vir die o/14 pistool-kompetisie.
Tydens die ‘Target Sprint’ kry Petrus Labuschagne ‘n silwer medalje vir die o/21-groep. Janko Botma kry ‘n silwer medalje en Ayden Smith kry ‘n brons medalje in die o/16-groep.
Skietbekers vir die beste skuts vir 2019 gaan aan Juan Steenkamp vir beste o/21 Sportergeweerskut en aan Janko Botma vir beste o/16 Sportergeweerskut.
Die volgende skuts is in die Noord-Kaap spanne opgeneem wat tydens die September vakansie aan die SA-skoleskietkompetisie in Kaapstad gaan deelneem.
Noord-Kaap A-spanne:
- Juan Steenkamp
- Janko Botma
- Wian van As
- Noord-Kaap B-spanne:
- Petrus Labuschagne
- Markus Gous
Ashton Willemse, Uppies se rolstoelskut, is ook uitgenooi na die SA-kompetisie.
Baie dankie vir al die ouers se ondersteuning. ‘n Spesiale dank ook aan mnr. Johan Steenkamp wat tydens elke kompetisie as baanoffisier opgetree het.
Become a Sponsor










