GWK Rugbyweek – 16 tot 19 Junie 2019 te Barkley-Wes:
Leslie van der Schyff van Hoërskool Kalahari, Kuruman, is by die GWK Rugbyweek aangewys (uit 8 streke) as die beste O/17 voorspeler van die toernooi.
Verder is Leslie gekies as agsteman vir die O/17 Rhinoweek span wat van 23 tot 29 Junie in Vereeniging gaan deelneem.
Leslie is aangewys as kaptein van die O/17 Van Druten-span.
Hy is ook aangewys as speler-van-die wedstryd.
BAIE GELUK Leslie.
Kalahari is trots op jou!