HoĆ«rskool Upington het die afgelope naweek in die semi-finaal van die T20-liga teen Dragons gespeel. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Dian Kapp en AW Duvenhage begin bestendig en trotseer die aanval. Dian se paaltjie val op 37 en Bobby Duvenhage stap na die kolfblad. Sy oĆ« was gerig op sy doelwit om dit ān goeie beurt te maak. Kort daarna word AW met ān vangskoot uitgevang en Johannes du Plessis stap in.
Johannes en Bobby skop vas en begin elke bal met mening moker. Hul teken saam 138 lopies aan van slegs 82 balle. Bobby eindig op 74 en Johannes op 65 lopies wat die totaal van Uppies op 195 in hul toegelate 20 boulbeurte bring.
Dragons kolf volgende en enige telling is daar om verbeter te word. Die boulaanval van Uppies is verbete en die paaltjies kantel kort-kort. Henco Kotze kry 2 paaltjies in 4 beurte en staan slegs 11 lopies af. BenrƩ Engelbrecht neem 2 paaltjies, Bobby Duvenhage neem 2 paaltjies, Dian Kapp neem 2 paaltjies van slegs 3 balle en Dragons is almal uit vir 93 lopies.
Uppies wen die wedstryd met 102 lopies.
Die finaal vind op 21 Maart om 9:30 op Uppies se veld teen Carltonians plaas. Dit beloof om ān skouspel te wees.
Voor: Giovanni Lategan, Theuns Kotze, Bobby Duvenhage, Lemley Mulder
Agter: AW Duvenhage, William Briekwa, Dian Kapp, Lee-Charm van Wyk, BenrĆ© Engelbrecht,Ā Ā Ā Ā Henco Kotze, Johannes du Plessis