)

Hoërskool Framesby Wiskundiges Presteer

Tiaan de Beer

Drie leerders van Hoërskool Framesby, Tiaan de Beer, Carla Kruger en Tiaan Bouwer is onlangs vereer by die Siyanqoba Wiskunde Probleemoplossings  Prysuitdelingsfunksie wat Vrydagmiddag, 7 Februarie, plaasgevind het by Algoa College.  Toekennings is gemaak op grond van prestasies wat leerders verlede jaar tydens Wiskunde Olimpiades en Wiskunde spankompetisies behaal het en spesifiek ook hul vermoë om probleme op te los. In die junior afdeling is Tiaan de Beer (verlede jaar gr 9) as die top leerder (1ste posisie) in die 2019 Siyanqoba opleidingsgroep in Port Elizabeth aangewys en Carla Kruger (verlede jaar gr 8) as die 3de beste junior.

In die senior afdeling het Tiaan Bouwer ‘n 3de plek behaal. Vir hom is dit veral ook ‘n uitsonderlike prestasie aangesien hy as gr 10-leerling teen gr 11’s en 12’s moes kompeteer.

Siyanqoba is ‘n opleidingsprogram van die SAMF wat fokus op probleemoplossing, gerig op Wiskundig begaafde leerders wat gereeld aan Wiskunde Olimpiades deelneem.

Framesby is baie trots op hierdie 3 leerders en sien uit daarna hoe hulle tydens 2020 gaan vaar!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby. Pearson High School, Gqeberha, proudly congratulates three of its rugby players on their selection to the EP U18 youth teams. These boys will represent their province…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal