Aliwal-Noord 1ste hokkiespan
Op Saterdag, 29 Februarie, gedurende die jaarlikse Fichardtpark sportdag in Bloemfontein, het ‘n baie vurige en wakker 1ste Hokkiespan van Hoërskool Aliwal Noord, hul seisoen afgeskop met ‘n asemrowende vertoning.
Die span speel hul eerste wedstryd teen Hoërskool Ficksburg en wen die wedstryd 7 – 0.
Na ‘n kort ruskans, draf hulle weer uit op die veld en speel teen Hoërskool Landboudal. Vanaf die 1ste minuut op die veld, hervat die Alies hul uitstekende momentum en speel weereens ongelooflike aanskoulike hokkie. Hulle wen ook hierdie wedstryd 3-0.
Hou gerus hierdie jong, talentvolle span dop!