)

Hoërskool Cradock kry besoek van JPD Productions Gauteng

Op Woensdag 18 Julie 2018 het vier akteurs van JPD Productions die voorgeskrewe graad 12 gedigte  opgevoer by Hoërskool Cradock.  Wat baie anders en uniek was, is dat die gedigte in ‘n humoristiese storielyn verweef was.  Dit het die 12 gedigte baie lewendig en toeganklik gemaak vir die matrieks.  Die leerders vind baie baat hierby omdat hulle dan makliker leer as hul die visuele opvoering onthou.

Dieselfde groep het vroeër vanjaar ook die leerders vermaak met ‘n produksie “Die Beer” wat verskillende stylfigure en beeldspraak aangespreek het.

Woensdag se opvoering is aangebied as deel van CHS se Mandela Dag vieringe en was baie spesiaal aangesien dit bydra tot opvoeding en kultuur, wat beide baie belangrik was vir Nelson Mandela.

Op die foto bo:

Agter vlnr:  Jeandri Visser, Zander Niemand, Zanelle Weitz, mev. Laurette le Roux, Maria de Koker, Stella Nortier, Maryke Costerus, Hein Oswald Kotze, Ilana Steenkamp, Morné Vogel, Jeanri Nortje, Marike Dannhauser

Voor vlnr:  Danielle Da Camara, Anemie Blom, Dirkie Cronje, Houghlynne Swarts, Jardine van den Heever

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal