)

Hoërskool Cradock koor bedrywig

Die skoolkoor van Hoërskool Cradock, onder leiding van mev. Anne Bekker, is vanjaar sestig toegewyde stemme sterk. Sedert Februarie is nuwe liedere aangeleer en elke moontlike oefentyd benut. In ‘n skool met ‘n propvol buitemuurse program, is dit altyd ‘n gestoei om ‘n oefentydsgleuf vir elke aktiwiteit te vind. Vir diegene wat ‘n voorliefde vir sang het, is daar egter altyd ‘n geleentheid om te oefen.

Verlede Woensdag het hierdie koor, met mev. Linda Taylor as begeleidster, aan die ATKV Applous-kompetisie deelgeneem. Die plaaslike been van hierdie kompetisie het in Despatch plaasgevind en altesaam 12 kore vanuit die provinsie het hier deelgeneem.
Elke koor moes een religieuse, een Afrikaanse, een Engelse asook een tradisionele Suid-Afrikaanse lied sing. CHS se koor het baie netjies en entoesiasties vertoon en is uiteindelik deur die nasionale beoordeelaars met ‘n brons medalje beloon.

Die koor het ook die afgelope Dinsdag tydens ‘n optrede deur Emile Minnie twee liedere saam met hierdie bekende musikant gesing.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal