)

Hoërskool Cradock muurbal

Wat op die oog af ‘n titaniese stryd tussen die muurbalspanne van Hoërskool Cradock en Gill College van Somerset-Oos was, het uiteindelik in só goeie gees afgespeel dat hierdie twee spanne nie kan wag vir hul Interskole wedstryde om weer kragte te meet nie.  Beide spanne is waardige opponente en na ‘n middag van goeie spel wen Gill die dag 8-7.
Sport bou nie net spiere en integriteit nie, dit bou ook brûe tussen diegene wat daaraan deelneem.  En dis soos dit hoort.

CHS se muurbalspannetjie toer binnekort na Port Elizabeth en Jeffreysbaai saam met hul afrigter mev. Elena Labuschagne. Die groep het reeds die hele kwartaal die snoepie by CHS bestuur om die toer finansiëel moontlik te maak. Dit het harde werk, opofferings en spanwerk gekos om ‘n sukses hiervan te maak. Hierdie inisiatief is deur CHS geloots om die gees van entrepeneurskap by leerders aan te wakker en leerders die geleentheid te gee om daadwerklike planne te implimenteer om hul doelwitte te bereik.

Baie geluk aan hierdie span vir die goeie gees waarmee elke wedstryd, asook hul pligte in die snoepie, aangepak word.  Ons sien uit na goeie uitslae op die muurbalbaan en vertrou dat die bordjies verhang sal word tydens Interskole.

Op die foto bo:

Die muurbalspanne van CHS en Gill, in ligte luim na hul onlangse wedstryde.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal