Hoërskool Cradock is onlangs begroet deur ‘n nuweling wat by die span aangesluit het. ‘n Baie interessante wese in die vorm van Melani Vermaak het by CHS diens aanvaar as onderwyseres in die Kuns en Drama Departement. Haar rustige voorkoms en sagte glimlag, gekoppel met ‘n onmiskenbare speelsheid in haar oë, dra daartoe by dat Melani reeds vinnig ingeskakel het nie nét by haar kollegas maar ook by die leerders.
Melanie kom van Hendrina, Mpumalanga en het haarself gekwalifiseer in Drama, Teater- en Filmstudies aan die Universiteit van Pretoria. CHS is opgewonde oor die nuwe toevoeging tot die Kwagga-familie en wens Melani alle sterkte toe in haar loopbaan.
Op die foto bo:
Melani Vermaak wys haar speelse sy voor die lens van die Kwaggarazzi, CHS se eie paparazzi. Melani het onlangs by CHS aangelsuit in die Kuns en Drama Departement.