)

Tennisspeler van CHS neem deel aan Interprovinsiale toernooi

Terwyl die meeste van ons die afgelope langnaweek gebruik het om te ontspan saam met familie en vriende en die plaaslike Karoo Food Festival te ondersteun, het ‘n tennisspeler van Hoërskool Cradock deelgeneem aan die TSA Interprovinsiale Toernooi in Pretoria.

Anika Marais, graad 11-leerder van CHS, het as deel van die OP-span kragte gemeet teen sestien ander distrikte tydens een van die grootste nasionale toernooie vir hoërskoletennis. Hoewel Anika tans o/17 speel, het sy tydens hierdie toernooi as deel van die o/19-span deelgeneem.

Die OP-span neem deel teen ses ander provinsies, waarvan Anika vier van haar enkels-wedstryde wen. Met haar deelname aan díe toernooi verwerf Anika ook haar ere-kleure vir Tennis. Yahron van Dyk is ook ingesluit in die OP-span vir hierdie toernooi, maar moes onglukkig weens ‘n besering onttrek.

Vier ander spelers van CHS het op hul beurt weer deelgeneem aan veeleisende rondes proewe om ingesluit te word in die o/16- en o/19 OP Plattelandspanne.  Adri Henning en Jani Hatting is opgeneem in die o/16-span terwyl Yahron van Dyk, en Ilana Steenkamp ingesluit word in die laasgenoemde ouderdomsgroep.  Anika word ook hier ingesluit in die o/19 OP Plattelandespan.

CHS is trots op al hierdie spelers wat hulle passie so mooi uitleef op die tennisbaan. Baie geluk met hierdie puik prestasies!

Op die foto bo:

Anika Marias, tennisspeler van Hoërskool Cradock, het van 27 tot 30 April 2018 die o.19 OP-span verteenwoordig by die TSA Interprovinsiale Tennistoernooi in Pretoria.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal