)

Hoërskool Cradock oud-skoliere presteer

Die afgelope week is CHS oorval met opwindende nuus en gebeure, nie slegs van ons huidige leerders nie, maar ook van oud-skoliere wat puik presteer.

Altus le Roux (links bo) (matrikulant van 2016) is ‘n eerstejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy Argitektuur studeer. Tydens ‘n gala-geleentheid by UV verlede week, ontvang Altus erkenning vir sy harde werk tydens sy eerste jaar van studies (2017).  Altus ontvang ‘n sertifikaat en word bekroon as die Beste Eerstejaarstudent in die Argitektuur fakulteit.  Altus is die seun van mnr. Abrie en mev. Louise le Roux van Cradock.

Annelu le Roux (regs bo) (matrikulant van 2014) is tans besig met haar honneurs in Joernalistiek aan die Universiteit van Noord-Wes, na suksesvolle voltooiing van haar graad in Kommunikasie.  Annelu is die laaste drie jaar werksaam by PUK FM as omroeper, waar sy luisteraars vermaak met haar unieke styl en aanbieding. Tydens die jaarlikse SA Radio Toekennings is Annelu benoem in twee kategorieë, naamlik “Daytime Show” asook “Weekend Radio Show Top 40”.  Annelu stap weg met die toekenning vir die laasgenoemde, wat sy vir die tweede agtereenvolgende jaar wen. Annelu is die dogter van mnr. Giepie en mev. Laurette le Roux van Cradock.

Hoërskool Cradock is besonders trots op hierdie oud-skoliere. Dit bly wonderlik om te sien hoe Kwaggas ook na skool erkenning ontvang vir hul harde werk en beloon word vir dít waaroor hulle passievol is. Altus en Annelu is die verpersoonliking van CHS se leuse, NIKS SONDER MOEITE MOONTLIK. Knap gedaan Kwaggas!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal