Agt netbalspanne van Hoërskool Cradock het Saterdag, 14 April 2018, teen Hangklip in Queenstown gespeel.
In die hoofwedstryd van die dag, het CHS se eerstespan goed begin en na die eerste kwart voorgeloop met 7 – 4. In die tweede kwart het sake ook redelik gelykop verloop en CHS loop teen rustyd met 13 – 11 voor. Daarna is ‘n kwaai insinking as gevolg van ongeforseerde foute en baie fisiese spel beleef. Hangklip het na die derde kwart met 21 – 15 gelei. CHS het in die vierde kwart weer beter gespeel, maar het die wedstryd met 29 – 21 verloor.
Die o/19B-span het met 16 – 9 verloor en die o/19C-span verloor met 2 punte teenoor 4.
Die o/16A’s seëvier met 15 – 8 terwyl die o/16B’s hul wedstryd met 13 – 6 wen. Die o/16C-span het met 7 – 0 gewen. Die o/14A’s het baie gerieflik met 21 – 5 en die o/14B-span met 5 – 0 gewen.