)

CHS Rugby by Despatchfees

Hoërskool Cradock se 1ste rugbyspan het die afgelope naweek deelgeneem aan die Despatch Sportfees.  Hier kom die Kwaggas te staan teen Otto du Plessis en Westering High School.

In die wedstryd teen Otto du Plessis het beide spanne hard gespeel, maar teen halftyd was die telling steeds 0-0.  Na uitputtende aanvalle breek die manne van Otto du Plessis deur en teken hul eerste punte aan, om die wedstryd in die laaste minute 7-0 te wen.  Raymond Tom het ‘n goeie wedstryd gespeel en is aangewys as die speler van die wedstryd.

Die manne van CHS het Saterdag te staan gekom teen Westering en wys weer puik verdediging.  Ook op die aanval vaar die Kwaggas goed en Cherwin Butler het ‘n mooi drie gedruk.  Westering kom goed terug om die telling teen halftyd 5-5 te maak.  In die tweede helfte is dit egter Westering wat twee geleenthede benut en twee verdiende drieë druk om die kragmeting 19-5 te wen.

In beide hierdie wedstryde wys die CHS spelers hul staal en lewer goeie uitslae teen die groter stadskole.  CHS is saam met hierdie span opgewonde oor die seisoen wat voorlê en vertrou dat die uitslae ‘n refleksie sal wees van die tyd wat hulle insit om daarvoor voor te berei.  Dankie aan almal se ondersteuning in die voorseisoen.  CHS rugby ervaar beslis opwaartse groei!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal