)

CHS Tennisspelers vereer vir hul toewyding

Anika Marais en Yahron van Dyk, twee tennisspelers van Hoƫrskool Cradock, het die afgelope paar weke hul slag op die tennisbaan gewys en is vereer vir hul puik spel met insluitings in beide die OP Plattelandespan sowel as die OP-span.

Beide Anika en Yahron het in uitmergelende proewe, wat bestaan uit twee rondtes met gemiddeld 6 wedstryde elk, ongelooflike talent getoon en albei onoorwonne van die baan gestap.Ā  Anika en Yahron word albei vereer vir hierdie merkwaardige prestasie en ingesluit in die o/19 OP Plattelandespan.

Anika, ā€˜n graad 11-leerder aan CHS, het reeds in 2017 haar reputasie as waardige mededinger gestand gedoen deur die jaar af te sluit in die nommer 1 posisie vir beide die o/16 en o/19 OP-spanne.Ā  Danksy hierdie pragtige presasie kwalifiseer sy vir proewe vir die SA-Skolespan wat op 25 Februarie aangebied is.Ā  Na ā€˜n uitputtende week van tennis tydens die Tjaart Vorster Tennistoernooi wen Anika steeds die meerderheid van haar wedstryde en wys waarom sy as ā€˜n topspeler in die provinsie geag word.Ā  Daniel Tam speel ook kenmerkende sterk tennis tydens die eerste rondtes proewe en hoewel beserings hom buite aksie hou op 25 Februarie praat sy vorige vertonings op die tennisbaan hard vir sy insluiting in die SA Skolespan.

HoĆ«rskool Cradock is besonders trots op hierdie spelers en sien uit na die aankondiging van die SA Skolespan se ranglys.Ā  Hierdie span sal later vanjaar in Pretoria deelneem aan ā€˜n nasionale toernooi.Ā  Ons vertrou dat jul toewyding beloon sal word Kwaggas, NIL NISI NITENDO.

Op die fotos:
Anika Marais en Yahron van Dyk, twee tennisspelers van Hoƫrskool Cradock, wat hul talent uitleef op die tennisbaan.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal