Hoërskool Cradock se eerste krieketspan het verlede Saterdag op sy tuisveld met 8 paaltjies afgereken met die Hoër Volkskool van Graaff- Reinet.
Volkskool het eerste gekolf en behaal 115/10, waarna Cradock net 2 paaltjies verloor om die teiken te behaal. G. Grootboom het goed gekolf en teken 39 lopies aan en D. Jooste teken ‘n verdienstelike 18 lopies aan. Cradock se boulers vaar baie goed en word ondersteun deur uitstekende veldwerk. Siphe Nofukuka en Siya Caku-Caku boul uitstekend en neem onderskeidelik 2/16 en 2/10. Lance Swarts laat self 2 paaltjies kantel vir 26 lopies.
Cradock kolf baie verstandig op ‘n stadige veld deur die telbord met enkellopies aan die gang te hou. Lea Rasmeni met 46 en Ryan Gower met 43 kolf voortreflik in ‘n mooi vennootskap van 93 lopies wat Cradock hoofsaaklik in staat stel om die wenlopies reeds in die 23ste boulbeurt aan te teken. Die wedstryd was goed ondersteun deur die skoliere van Hoërskool Cradock.
Op die foto bo:
CHS se eerste krieketspan na afloop van hul puik oorwinning teen Hoër Volkskool die afgelope naweek.