Die Landsdiens-leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het Woensdag, 19 Februarie, vir die eerste keer bymekaar gekom vir hulle eerste bymekaarkoms van die jaar. Die leerders het meer geleer van spekbome en hoekom dit so goed is vir Moeder Natuur. Elkeen het ‘n spekboompie geplant en gaan dit deur die jaar versorg totdat dit mooi groot is om te kan uitplant. Daar was selfs geproe aan die spekboom en almal het gesigte getrek oor die suurigheid van die plant. Daarna het die leerders hartjie boksies van herwinde boek- omslagte gevou vir die maand van liefde.
Die Landsdiens-leerders het die eerste bymekaarkoms baie geniet en sien baie uit na volgende maand se vergadering en aktiwiteite.