)

Ligbron by TWK Interhoër Uitnodigigingsbyeenkoms 2020

Carla Niebuhr o/17

Die TWK Interhoër Uitnodigigingsbyeenkoms vir 2020 is Saterdag, 15 Februarie, op Hoërskool Rob Ferreira se velde in Witrivier aangebied.

Die atlete moes in warm drukkende weersomstandighede kompeteer maar elke atleet het hul uiterste beste met elke item gegee. Die skole wat aan die byeenkoms deelgeneem het was: Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Oosterland, Hoërskool Middelburg, Heidelberg Volkskool, Hoërskool Lydenburg en HTS Witbank.

Atletiek het geseëvier en die atlete van die onderskeie skole het verseker gesorg vir prag-atletiek met uitstekende prestasies.

Een van die Liggies se atlete, Kwanele Nkambule, is ná afloop van die dag aangewys as die Beste Senior Baanatleet. Die Liggies het in totaal 65 atlete wat op die dag onder die eerste drie plekke geëindig het!  Ligbron het die volgende medaljes vir die dag ontvang: 12 goud, 34 silwer en 19 brons. Hoërskool Rob Ferreira het as die wen-skool uit die stryd getree gevolg deur Hoërskool Ermelo in die 2de plek, HTS Witbank in die 3de plek, Ligbron in die 4de plek en Heidelberg Volkskool in die 5de plek.  Ligbron se dogters het algeheel 5de geëindig en die seuns het die algehele 2de plek beklee.

Ligbron wens elke skool geluk met hulle pragtige prestasies en bedank in besonder elke atleet, sangatleet, dirigent en ouer wat die Liggies by die byeenkoms ondersteun het.

Ané Duncan o/16
Lindo Maseko o/14
Marin Meyer o/17
Elizmari Greyling o/15

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal