Mnr Dup van Rensburg
Mnr. Dup van Rensburg, voormalige skoolhoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 15 Februarie, die uitstekende nuus ontvang dat hy die Nasionale Lewenslange Onderwys Prestasie Toekenning gewen het. Hy was in 2019 eers aangewys as die Gert Sibande Streek wenner van die Nasionale Onderwys Toekenning. Daarna het hy deurgedring na die provinsiale rondte wat hy ook gewen het. Mnr. Dup het saam met die res van die ander provinsie-wenners deurgedring na die nasionale rondte.
Dit is vir Ligbron ‘n groot eer en trots om mnr. Dup geluk te wens met hierdie uitmuntende prestasie as wenner van die Nasionale Lewenslange Prestasie Toekenning.
Hy het met die volgende pryse weggestap: ‘n Renault Kwid, rekenaar, selfoon met data, Wifi rooter, R12 500 kontant, ‘n VIA AFRICA aanlyn KURSUS oor 4IR ter waarde van R6500, ‘n beurs ter waarde van R30 000 vanaf die Mpumalanga Onderwys Departement om enige iets by enige universiteit in SA te studeer, asook kamptoerusting ter waarde van R6500.
Ligbron is voorwaar trots op Meneer van Rensburg!