Megan Lourens op haar perd Scooby Doo Too
Drie van Ligbron Akademie vir Tegnologie se ruiters, Megan Lourens, Liané Hattingh en Anina Slabbert het op Saterdag, 15 Februarie, aan die eerste kwalifiserende rondte van SAWMGA se Western Mounted Games vir die jaar deelgeneem. Die kompetisie het by die Ermelo Skougronde plaasgevind. Megan Lourens en Scooby Doo Too het die vlak 5 Hoërskole en vlak 3 Ope-afdelings gewen. Sy behaal ook die eerste plek in die Speedball en Figure 8 Flags-afdelings, en ‘n tweede plek vir Speed Barrels in die ope-afdeling. Liané en haar perd Brigadier het op vlak 1 ‘n algehele vierde plek behaal, asook ‘n algehele 2 plek met Blue. Sy het ook in die ope-afdeling ‘n algehele derde plek behaal. Anina het op hoërskole vlak 1 ’n algehele derde plek behaal en ook ‘n eerste plek vir speedball in die ope-afdeling. Baie geluk aan al die Liggie ruiters met julle pragtige prestasies.