Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, se seuns 1ste hokkiespan het Vrydag en Saterdag, 28 en 29 Februarie, aan ‘n hokkietoernooi deelgeneem wat by Hoërskool Voortrekker in Bethlehem aangebied was. Verskeie skole se seunspanne het aan hierdie toernooi deelgeneem wat verseker het dat die kompetisie van ‘n baie hoë gehalte was.
Die Liggies het die volgende uitslae behaal: wen Hoërskool Wesvalia 5-1, wen Harriston 2-0 en verloor 0-3 teen Hoërskool Jim Fouché. Baie geluk aan hierdie span met hulle uitslae. Die eerstespan sien uit na ‘n opwindende seisoen. Die seuns se liga skop op Donderdag, 5 Maart af wanneer hulle teen Hoërskool Oosterland in Secunda sal speel.