Megan en haar perd, Scooby Doo Too
Baie geluk aan Megan Lourens, een van Ligbron Akademie vir Tegnologie se ruiters. Megan en haar perd, Scooby Doo Too, is erken is as een van die top 50 ope ruiters in Suid-Afrika in die Western Mounted Games.
Megan sal in Junie deelneem aan die Elite Event wat by die Afridome in Parys sal plaasvind.