Masibulele Mndebele wat eerste in die senior meisies-afdeling geëindig het.
Die eerste amptelike landloop-liga het op Woensdag, 31 Julie, te Delmas plaasgevind. Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, se atlete het baie goed gevaar en hulle sien uit na die res van die seisoen wat voorlê. Masibulele Mndebele, een van Ligbron se o/17 dogters, was algeheel eerste by die senior meisies-afdeling. Die landloopatlete sal op Woensdag, 7 Augustus, na Hoërskool Genl. Hertzog in Witbank gaan waar hulle aan die tweede landloop-liga sal deelneem.