Op Woensdag en Donderdag, 17 en 18 Julie, het die Errie-skuts aan die sesde streekkompetisie vir die jaar deelgeneem. Dit was die laaste geleentheid vir die skuts om tellings bymekaar te maak om uitgenooi te kan word na die Mpumalanga-finaal. Die Erries het hul goed van hul taak gekwyt.
In die sporterklas skiet die skuts as volg: Reinhardt Vorster 1417, John-Henri van Zyl 1325, Dehandri Morkel (L/S JJ van der Merwe) 1314, Renel Swanepoel 1287, Herman Holtzhausen 1273, Hendrea van Zyl 1272, Pieter de Beer 1267, GJ Swanepoel 1160 (pb), Herentia van Zyl 1072 en EloĆÆse Prinsloo 1037.
Pistoolafdeling: In die pistoolafdeling skiet Emma Stevens 620 (pb) en Reynardt de Beer (L/S JJ van der Merwe) 613.
Baie geluk aan al die skuts wat reg deur die jaar uitstekend presteer het.
EHS is trots op julle.
Foto: GJ Swanepoel besig om hard te fokus