)

Erries staan uit by Snapspel

Op Dinsdag 16 Julie, het drie groepe dinamiese entrepreneurs van Hoƫrskool Ermelo aan die landswye SNAPSPEL, besigheidsimulasie, deelgeneem.

Hierdie kompetisie het ten doel om entrepreneurskap onder die jeug te bevorder. Die spel bestaan uit drie opeenvolgende rondtes van sakebesluite wat geneem moet word in spanne wat teen mekaar meeding met hul onderskeie besighede.

Leerders neem verskillende rolle van bestuur in die ondernemings aan en moet dus verantwoordelikheid aanvaar vir elke afdeling se besluitneming. Na afloop van elke ronde, ontvang die groepe weer nuwe inligting wat aspekte soos verkope, bemarking, populasie, prysverandering van insette en ekonomiese omstandighede insluit waarvolgens hul dan ā€˜n nuwe ronde van besluitneming moet uitvoer vir hul onderskeie ondernemings.

Die Erries het hierdie jaar uitstekend gevaar en spog met ā€˜n sewende plek op die Nasionale Ranglys vir die algehele skool-tellings. Die wenspan van die Erries is ook onder die top vyf skole in die land. EHS bedank Mentorvennoot graag vir hul betrokkenheid by die jeugontwikkelingsprogramme.

Geluk aan die Erries wat bygedra het tot hierdie sukses vir EHS.

Foto bo: Die groep Erries wat aan die SNAPSPEL deelgeneem en uitstekend presteer het

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal