Op Saterdag, 13 Oktober 2018, het Hoërskool Ermelo se o/15A-krieketspan teen Hoërskool Bergvlam van Nelspruit in die Mpumalanga semi-finaal gespeel. Danie Theron (kaptein) het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Bergvlam het in 32 beurte 115 lopies aangeteken. Uitblinkers met die boulwerk was: Arend Fourie (5 paaltjies), Danie Theron (3 paaltjies), Wian Swart en Corné Janse van Rensburg elkeen een paaltjie.
In reënweer het Corné Janse van Rensburg die nodige lopies met ‘n puik vier afgesluit. Die Erries het in slegs 29 beurte 118 lopies aangeteken. Danie Theron behaal 40 lopies en Corné Janse van Rensburg behaal 24 lopies. Marco Ferreira, Juan-Paul Labuschagne en Corné Janse van Rensburg het elkeen ‘n reuse ses geslaan wat die skare laat juig het.
Die Erries se o/15A-krieketspan wen Hoërskool Bergvlam met twee paaltjies en is deur na die Mpumalanga-finaal wat op Saterdag 20 Oktober plaasvind. Alle sterkte word aan die span toegewens. Hou die Erries se naam hoog!
Op die foto bo:
(Voor, v.l.n.r.): Günther Badenhorst, Isreal Hayns, Zimri Büchling, Christiaan Arnoldi, Arend Fourie en Wian Swart.
(Agter, v.l.n.r): Herman Labuschagne (afrigter), Danie Theron (kaptein), Juan-Paul Labuschagne, Corné J.v. Rensburg, Marco Ferreira, Tiaan Grobler en Vincent Sonnekus (afrigter).
Become a Sponsor











