Erries speel tennis teen Witteberg in nat Ermelo-weer: Op Vrydag 16 Maart 2018 het die tennisspelers van die Hoërskool Ermelo teen Witteberg te staan gekom. Die middag het afgeskop in gietende reën en na ‘n lang wag, totdat die ergste reën verby is, het die wedstryde in alle erns begin. Die uitslae is as volg: Die Eerstespan-meisies verloor 23/28. Die tweede meisiespan wen 30/24. Die tweede- en eerstespanseuns verloor onderskeidelik 13/63 en 21/50.
Erries speel rugby, hokkie en netbal teen Hoërskool Witteberg met Errie-guts: Op Saterdag 17 Maart 2018 het Hoërskool Ermelo rugby, hokkie en netbal teen Hoërskool Witteberg op die Erries se tuisveld gespeel. Die seuns en dogters het hul harte uitgespeel op die veld en die baan! Die eenheid onder die spanne was weereens duidelik sigbaar, asook die kenmerkende Errie-guts.
Dogtershokkie: o/14A: Erries wen met 3 – 0. Baie geluk aan Surika Struwig, Danel Olivier en Jenna Oosthuizen wat elkeen 1 doel aangeteken het.
Die o/15A-span het pragtige hokkie gespeel en wen gemaklik met 6 – 0. Carissa Venter en Margha Greyling slaan elkeen 3 doele vir hulle span.
Die o/16A-span speel harde, maar aanskoulike hokkie en wen 2 – 1 in die doodsnikke van die wedstryd. Zeldine Pienaar en Jana Nel teken hierdie span se doele aan.
Die o/16B-span het ook die Erries trots gemaak met hul wentelling van 5 – 0. Baie geluk aan Frané Swart wat 3 doele aangeteken het, met Anlea du Plessis en Nokwanda Nxumalo wat elk 1 doel geslaan het.
Die 2de span het met 6 – 1 gewen. Jani Hattingh teken 3 doele aan met Yonette Fourie wat 2 doele slaan en Theané Arnoldi wat 1 doel aanteken.
Die Eerstes het halftyd 3 – 0 voorgeloop, maar speel gelykop met ‘n telling van 3 – 3 na `n harde wedstryd. Geluk aan Ansu Klopper, Dané du Plessis en Leandri Beyer wat elk 1 doel geslaan het.
Seunshokkie: Dié hokkie was uitstekend en elke Errie-seun het sy alles gegee. Die o/16A-span wen 2 – 0. Geluk aan Christaan Arnoldi en Edrich Beyer wat hierdie span se doele aangeteken het.
Die Eerstespan wen gemaklik met 5 – 2. Adriaan Olivier teken 3 doele vir sy span aan met Tristen Küsel en Stefan Kemp wat elk 1 doel behaal.
Rugby: Baie geluk aan die o/14A-span wat met 25-7 gewen het. Diederik van der Walt en Tiaan Grobler druk elk ‘n drie en Juan-Paul Labuschagne teken drie drieë aan. Hy verdoel ook een drie en behaal ook ‘n strafskop.
Die o/15A’s verloor met 57-10. Geluk aan Lourens Erasmus wat twee drieë aangeteken het.
Die o/15B span verloor met ‘n skrale 21-24. Siphesihle Mtsweni, Spesihle Mhlonga en Usifanele Kunene teken elk ‘n drie aan en Zimri Büchling verdoel al drie. o/16A verloor 26-5 met Thami Nyantsumbe wat die drie druk.
Die o/16B’s verloor 36-0.
Die derde- en tweedespan verloor onderskeidelik met 35-0 en 45-0.
Die eerstespan verloor 59-20. Charl Rautenbach en Stefan Potgieter druk elk ‘n drie. Walter Visser verdoel altwee drieë en skop twee strafskoppe oor.
Netbal: Die gladde, nat netbalbane en koue weer het nie die netbaldogters se gees geblus nie. Die laaste rondte wedstryde moes egter gestop word weens die reën. Die o/14 A’s wen oortuigend met 7-1. Die o/15 A’s verloor 2-9. Die o/15 B’s verloor 0-12 en die o/17 A‘s verloor 3-12. Die Erries se tweedespan verloor 6-11. Die eerstespan speel ‘n pragtige wedstryd en veg mooi terug in die laaste kwart van die wedstryd, maar verloor met ‘n skrale 18-20.
Dankie aan elke Errie wat hulle alles gegee het en ten spyte van die koue en die reën bly veg het.
Erries Rock!!
Become a Sponsor









