)

Nuwe tegnieke vir jong rugbyspelers van Hoërskool Nelspruit

Hoërskool Nelspruit se Rhino Rugby was Dinsdag 13 Maart 2018 gasheer vir die Nashua Rugby Skills Project in samewerking met ShadowBall en Springbok-rugbyspeler Conrad Jantjes.

Twee skole,  Letsakutfula Primary en Sehlulile Primary se o/13’s tesame met NHS se o/14-rugbyspan is die geleentheid gegee om hul rugbyvernuf op te skerp onder leiding van die ShadowBall-span en natuurlik skouers te skuur met Conrad Jantjes.

Die Nashua Rugby Skills Project poog om ‘n positiewe bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby te maak. Nashua is ook ‘n borg van die Curriebeker en neem hul betrokkenheid by rugby nog verder met dié projek. Dit fokus veral op balwerk op skole-vlak met behulp van ShadowBall en skole van reg oor die land word besoek.

ShadowBall is ‘n innoverende “rebound” rugbybal wat die speler toelaat om op sy eie te oefen, enige tyd en enige plek. Hierdie eiesoortige inisiatief kan akkuraatheid by die aangee van balle met tot soveel as 266% in vier weke verbeter. Hierdie bal is geskik om spelers van enige ouderdom se rugbyvaardighede te ontwikkel.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal