Tydens ‘n buitengewone koue en reënerige dag, maar met groot opgewondenheid, het albei skole die uitdaging aangegryp en nie toegelaat dat die koue ‘n demper op die dag se verrigtinge plaas nie.
Netbal:
HPR het geskiedenis gemaak met n trotse 1ste span wat 70-15 gewen het. Aneska Smit is aangewys as die speler van die wedstryd.
Die 2de span van HPR het 15-11 gewen na ‘n strawwe stryd. Olwethu Phonela was die speler van die wedstryd.
Die o/16 span van Piet Retief het Volksrust 33-9 geklop en Wernandi Swanepoel het die speler-van-die- wedstryd titel verower.
Die o/15 HPR-span het ‘n oorwinning behaal van 24-4. Die speler van die wedstryd was Tanya Moyo.
Die 0/14 span het oortuigend gewen met 38-1. Die speler van die wedstryd was Anzell Kuhn.
Hokkie:
Hoërskool Piet Retief se eerste span seuns het ‘n aanskoulike wedstryd gelewer en wen 5-1. Die spelers van die wedstryd was Liam Taman en Dylan Von Wissel.
Die Junior seuns wen Volksrust met n telling van 1-0. Die speler van die wegstryd was Ivan Erasmus.
Volksrust het die voorhand gehad teen HPR se 1st span meisies deur ‘n groot telling van 7-0 op te stel. Ntokozo Dube is as speler van die wedstryd aangewys.
Die 2de span het ‘n tou-trekker wedstryd gespeel, maar eindig gelykop 0 elk. Die speler van die wedstryd was Karien du Toit.
Die o/16 Volksrust-span klop HPR met 3-0. Die speler van die wedstryd was Naledi Buthelezi.
Die o/15 span van Volksrust wen 11-0 met n pragtige wedstryd. Die speler van die wedstryd is gegee aan Anke Niebuhr.
Die o/14 span het baklei vir hul wen. Die eindtelling was 2-1 vir Volksrust en die speler van die wedstryd was Ntombie Nene.
Rugby:
Hoërskool Piet Retief se 1ste span het gewen met 45 punte teenoor 9 van Volksrust. Die speler van die wedstryd is toegeken aan Barry Odendal. Mooi so manne!
Die 2de span klop Volksrust met ‘n pragtige 24-0. Die speler van die wedstryd was Stefan De Beer.
Die o/16 HPR span verower Volksrust met ‘n telling van 54-14, en lewer spel van uitstaande gehalte. Die speler van die wedstryd was Eduan Roux.
Die o/15 span wen Volksrust met 45-0 en die speler van die wedstryd was Hugo Meyer. Hou so aan julle!
Die o/14 span van HPR wen oortuigend met 39-0. Die spelers van die wedstryd word verdeel tussen Zander Coetzee en Henno Delport.
Die spelers, ouers en afrigters het papnat gereën het, maar tog het elke donkerwolk ‘n silwer randjie gehad. Twee trotse skole met uitsonderlike uitslae – dit wil gedoen wees aan elkeen wat’ n bydrae gemaak het tot n suksesvolle dag.