)

Nelspruit Hoërskool se B-span vertoon goed teen Laeveld se bestes

Verskeie van Hoërskool Nelspruit se B-span atlete het verlede naweek op die baan van Rob Ferreira op Witrivier, in ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms, waaraan ‘n hele paar Laeveldskole se A-spanne deelgeneem het, hul stemme dik gemaak en getoon dat deeglik van hulle kennis geneem moet word, wanneer die span vir interhoër saamgestel sal word.

Die tuisspan het teen skole soos Bergvlam, Lowveld High, Penryn College en Barberton kragte gemeet, met net Nelspruit se A-span en Lydenburg wat, van die deelnemende interhoërspanne, wat nie daar was nie. Desondanks het die Nellies die krane oopgedraai en met verskeie medaljes huis toe gekeer.

Die volgende NHS-atlete het goud verower:

Henrique de Lange (s.19): 400m hekkies – 58.38 sek.

Ivan Potgieter (s.17): 400m hekkies – 59.68 sek.

Martin Raad (s.14): 800m – 2:22.02

Marcel Saayman (s.16): spiesgooi – 47,47m

Lallie Grobler (m.14): 200m – 28.39 sek.; 400m – 67.13 sek.; en 300m hekkies – 54.75 sek.

Jana Engelbrecht (m.15): 100m – 13.13 sek.; en 200m – 27.53 sek.

Nicolize Aucamp (m.15): 400m – 63.12 sek.

Nadia Buitendag (m.19): 400m – 67.08 sek.

Margo Meyer (m.17): 1500m – 6:10.01

Shannon Pretorius (m.17): 200m – 28.21 sek.; ook 100m – 13.50 sek.

Van die ander blink vertonings, sluit in:

Estian Schroeder (s.19): gewigstoot – 11,85m

Xander Rutherford (s.16): skyfwerp – 41,18m; ook gewigstoot- 12,18m

Mechiel Brink (s.14): hoogspring – 1,55m (822)

Danté vd Westhuizen (s.16): 800m – 2:10.24

Coben Putter (s.16); skyfwerp – 39,13m

Tiaan Kotzee (s.19): 100m – 11.58 sek.; ook 200m – 23.93 sek.

Zanelle Moller (m.17): 400m hekkies – 74.35 sek.

Nicolize Aucamp (m.15): 200m – 27.56 sek.

Milda van Dyk (m.16): 400m – 66.49 sek.

Op die foto heel bo:  Xander Rutherford by ‘n vorige geleentheid.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal