)

Nellie-Redenaars Presteer Nasionaal

Sewe redenaars van Hoërskool Nelspruit het tydens die Radikale Redenaars se nasionale finaal op 14 Oktober 2017 ‘n hond uit ‘n bos gepraat.

Gerhard van der Merwe (foto links) in graad 11 wen twee nasionale eerste plekke vir sy tweetaligheidstoespraak en vir prosa lees.

 

 

Danté van der Westhuizen  in graad 9 (foto links) ewenaar hierdie prestasie met sy twee nasionale eerste plekke vir sy Engelse Eksperimentele toespraak en vir prosa lees.

Die bekkige drieling boeties in graad 8, Wentzel, Franco en Janu Erasmus, (foto heel bo), wen ‘n nasionale tweede plek met hul uiters vermaaklike eksperimentele spanredenaars.  Hulle moes die knie buig voor Afrikaans Hoër Meisies Pretoria.

Teneil le Roux (graad 8) en Ané Davey (graad 9) het ook deelgeneem aan die finale rondte.

Juffrou Magda van der Merwe, organiseerder van die redenaars en debat by NHS sê:  “Die Nellies het ‘n besonderse goeie redenaarsjaar gehad.  Vier leerders, Wehan Viljoen, Gerhard van der Merwe, Ernst Pieterse en Milda van Dyk, was ATKV Redenaars Mpumalanga-wenners en het aan die ATKV se nasionale ronde deelgeneem. Ernst Pieterse in graad 9 het nasionaal vierde geëindig in die kompetisie se junior onvoorbereide afdeling.  Ons sien daarna uit om volgende jaar nog hoër hoogtes te bereik.”

Nellies Rock!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal