Beide die Junior- en Senior kore van Laerskool Thabazimbi het deelgeneem aan KykNet se Sing in Harmonie koorkompetisie. Die afgelope naweek was die Finale rondte. Albei kore behaal ‘n derde plek. Albei kore se Afrikaanse lied word aangewys as die beste liedere van die aand en albei kore word uitgenooi om ‘n Kersprogram saam met die sangeres Nadine op te neem wat dan op TV uitgesaai sal word.
Laerskool Thabazimbi is super trots op beide die kore.
Fantasties, Thabazimbi!!