Die #spekboomchallenge spoor alle Suid-Afrikaners aan om ten minste 10 spekbome in 2020 te plant.
Hierdie plante absorbeer meer koolstofdioksied, as enige ander plant ter wêreld, en kan tot en met 200 jaar leef. Een hektaar spekbome kan van sowat 4 tot 10 ton koolstofdioksied per jaar ontslae raak. Dit sal veroorsaak dat die lug skoner word. Hierdie bome het ook baie min water en sorg nodig én die blaartjies bly altyd mooi groen.
Deur deel te neem aan hierdie ‘challenge’ verbind jy jou aan ‘n gesonder planeet. Maak ’n verskil deur deel te vorm van die #spekboomchallenge en help om die negatiewe effek van klimaatsverandering teen te werk.
Hoërskool Langenhoven het deelgeneem en 20 spekbome geplant. Die skool het ook eko-week gehou en die Leerlingraad het ‘n boom geplant.