)

Laerskool Park eerste skooldag 2020

Leah Brown reeds hard aan die werk en Chrislo Schoeman lui die klok.

Waar is die dae waar die Graad 1-leerdertjies huil en sommer net vasskop vir hierdie nuwe  onbekende fase in hulle lewe?!

Die afwagting, oor dit wat vandag voorlê, staan op al die gesiggies geskryf.  Nuwe skoolklere, skoene blink en met groot bravade het die Gr.1’s hul opwagting by Laerskool Park, Mosselbaai, gemaak.  En hoekom dan nou nie?  Hulle was immers alreeds tydens Opedag in hul nuwe klassie en het vir Juffrou  ook al ontmoet.

Hier en daar is enetjie wat dalk Mamma se hand bietjie langer vasgehou het, maar dit was net vir ‘n oomblik toe neem die opwinding oor.

Baie dapper het die Graad 1’s die saal binnegestap terwyl die hele skool vir hul wag. Trots en regop het hul deur die verrigtinge gesit en agterna die skoolklok gaan lui as simbool dat hul skoolloopbaan formeel begin het  by Laerskool Park.

“Ons wense is dat hierdie nuwe avontuur aan al hul verwagtinge sal voldoen en dat, as hul weer die klok lui aan die einde van Gr. 7, hul met genoegdoening sal terugkyk op ‘n positiewe en verrykende laerskoolloopbaan”.

Grondslagfase-hoof: E. Fourie

1ste Skooldag Morné en Anika Jamneck

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal