Oakdale se o.17-span wen die 7’s-toernooi!
Agter: v.l.n.r.: Mnr. Adriaan Jansen (afrigter), Neil Francis (spanbestuurder), Elkan Willemse, Morné Els, Philip Kleynhans, Enrique Arendse, mnr. Malan du Plessis (afrigter) en Jan-Hendrik Louw.
Voor: v.l.n.r.: Paul de Villiers, Alwich van der Linde, Monré de Ridder, Tino Singe, Matthew Stephens en Matthew Golden.
Twee van die 7’s rugbyspanne van die Hoër Landbouskool Oakdale het Saterdag, 24 Augustus, aan onderskeidelik die Bredasdorp o.15 7’s-toernooi en die Eden 7’s-proewe te PW Botha op George deelgeneem.
Beide spanne het na die finaal deurgedring. Die o.17-span wen die kompetisie deur Sao Bra in die finaal met 22-0 te klop.
Die o.15-span verloor in die finaal teen Paarl Gimnasium. Na afloop van die toernooi is James Jonker en Kobus Janse van Rensburg in die toernooispan ingesluit.