)

ErrieUnie sluit Mielieman-projek af by prag Gala-aand

Die groep boere en borge wat deel was van die Mielieman-kompetisie

Die ErrieUnie het in Oktober 2018 reeds die Mielieman 2019-kompetisie geloods. Dié kompetisie het behels dat boere een hektaar (of meer) inskryf waarna ‘n opbrengsbepaling gedoen is deur ‘n onafhanklike persoon. Die opbrengs van die ingeskrewe hektare word aan EHS geskenk.

Na die stroopseisoen vir 2019 afgehandel is, is die wenners van die kompetisie bepaal en op die Gala-aand bekend gemaak. Die besondere geleentheid het op Donderdag 22 Augustus plaasgevind in die Hoërskool Ermelo se Ouditorium. Dit was ‘n gesellige aand waar onder andere die deelnemers, borge en bestuur van die projek almal heerlik saamgekuier het.

Die wenners van die kompetisie is as volg:

Leon van Tonder stap weg as naaswenner met die tweede meeste tonne per hektaar. Sy hektaar het 14.5 ton opgelewer. Hiervoor wen hy ‘n Drone.

Johan Saaiman (junior) word as wenner aangekondig met die beste opbrengs per hektaar. Hy wen ‘n John Deere grassnyer vir sy hektaar wat 14.89 ton opgelewer het.

Die wenner vir die meeste hektaar ingeskryf en meeste tonne gelewer, is Gerrie van Rensburg met ‘n totaal van 33.72 ton vir sy drie hektaar. Hiervoor ontvang hy ‘n heerlike vakansie na Mauritius.

Die ErrieUnie bedank graag die volgende instansies en individue wat onlosmaaklik deel is van die sukses van dié kompetisie: Ignus van Rooyen van Hoëveldrif Chemikalieë, Nelius Moll van Dekalb, Jan van Niekerk en Willie Jacobsz van Santam, Neels van der Schyff van Omnia, Jakes Jacobsz van Neniko Agencies CC, Johan van Rooyen van Afgri, asook Robert Davel en Danie du Plessis van die Landbou Unies.

Groot dank gaan aan al die deelnemers van Mielieman 2018/2019: Japie Celliers, André Pretorius, Lion du Plessis, Jantjie Randell, Thinus Venter, Wikus Cloete, Willem Potgieter, Jaco Grobler, Johan Saaiman, Rassie Saaiman, Stefan Arnoldi, Corneels Greyling, Coetzee van der Merwe, Gerrie van Rensburg, Derek van Eck, Anton Pelser, Hanno Lombaard, Hennie Kotze, Schalk Willem du Toit, Jan Willem Lotz, Ryk Pretorius, Leon van Tonder, Jan Grey, Dewaldt de Water en Stefan Cornelius.

Op hierdie byeenkoms het die ErrieUnie die geleentheid gebruik om drie Eregaste te bedank vir jare lange diens by die Erries en die onvervangbare rol wat elkeen speel in Hoërskool Ermelo se bestaan: me. Vera Alberts, mnr. Eben Jonker en mnr. Japie Cilliers.

Onder die algemene bedankings is Jan en Tanya Grey, Sharne Grobler, Nieta van der Merwe en Tina Groenewald bedank vir die reëlings van die Gala-aand, Dr. Dhindar van Calstar, Jan Thirion van Nashua, Jacques van Dyk van PanSolutions, Werner Stucky en Colin Jordan van Jenny, Ds. Boshoff en Johan van der Walt van die Ermelo Onderwys Trust, Meyer en Nico Mentz van Agri Benodigdhede (Case), Marlett Winckler van Winckler & Steyn Fisioterapeute, Gerna Grobler van TWK, Pieter de Beer van De Beer & Slabbert Prokureurs en Werner Nel van JWL (Massey Ferguson), asook Johan en Berto Kleynhans en die boere wat almal deel uitmaak van die suksesvolle speenkalwersprojek, Molie Mentz vir die ongegradeerde rekenaarsentrum by EHS en Gert Smit en Johan Ernst wat saam met die gemeenskap en veral Hoërskool Ermelo Trust bydra tot die pragtige ErrieUnie-Astro wat in wording is op die Erries se terrein.

Al die gaste het ‘n heerlike kuieraand geniet en die ErrieUnie is dankbaar vir ‘n suksesvolle projek op hul kerfstok.

 

Gerrie van Rensburg, Johan Grobler, Johan Grobler en Leon van Tonder
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal