Vlnr: Sihle Maseko, Ntuthuko Mahlangu, Siyanda Seyama, me. Gerda Garnett-Benett, Elandri Swart, Carla Fereirra en Danel Olivier.
Op Donderdag, 22 Augustus, het ses van Hoërskool Ermelo se leerders aan die Economic Literacy Quiz vir graad 9-leerders by Laerskool JJ van der Merwe deelgeneem.
Die seuns, Sihle Maseko, Siyanda Seyama en Ntuthuko Mahlangu, het met hulle punte ‘n eerste plek in die distrik behaal en die dogters, Danel Olivier, Elandri Swart en Carla Fereirra het ‘n derde plek behaal.
Baie geluk aan die leerders met die prestasie en dankie vir julle deelname.
EHS is trots op elkeen van julle!