)

AKKERFEES LOK DUISENDE NA RIVERSDAL

Oakdale 19A: Keaton Busch

Die tradisionele Oakdale Akkerfees is vanjaar saam met die interskole kragmeting aangebied. Die naweek het afgeskop by die Riversdal Gholfbaan waar die twee skole se gholfspanne kragte gemeet het. Die C-span het hulle wedstryd met 4-2 verloor. Die B-span behaal 4½- teenoor Boland se 1½- met Pienie Pienaar wat ? goeie wendag beleef het. Die A-pan het in ? uiters spannende kragmeting met 2½  teen Boland se 3½ verloor.

 

Dit was reeds vroeg Saterdagoggend duidelik dat duisende toeskouers en ondersteuners hierdie geleentheid sou bywoon toe die lang ry motors buite die Oakdale-hekke opgehoop het.

 

Toeskouers is getrakteer op aanskoulike skolerugby terwyl daar ? feestelike atmosfeer rondom die velde geheers het. Die Toyota Hilux-bakkiekompetisie wat deur M Briers Landboudienste geborg is, is met die trekking van die gelukkige wenner net na die o.19 B-wedstryd afgesluit. Mnr. Piet Uys van Heidelberg is die wenner van die splinternuwe Toyota-bakkie.

 

Die Oakdale-spanne het hul goed van hul taak gekwyt tydens die interskole en het twaalf van die agtien wedstryde gewen. Alhoewel die o.19 A-span in die laaste sekondes van die wedstryd ? drie afgestaan het en die wedstryd met 23-26 verloor het, was dit absoluut opwindende skolerugby.

 

Die uitslae van die dag lyk soos volg: o.19A: 23-26 (Boland); o.19B: 39-22 (Oakdale); o.19C: 16-14 (Oakdale); o.19D: 12-15 (Boland); o.19E: 10-7 (Oakdale); o.19F: 12-0 (Oakdale); o.16A: 34-14 (Oakdale); o.16B: 20-10 (Oakdale); o.16C : 42-5 (Oakdale); o.16D: 10-5 (Oakdale); o.15A: 5-13 (Boland); o.15B: 22-5 (Oakdale); o.15C: 14-10 (Oakdale); o.15D: 5-0 (Oakdale); o.14A: 12-12; o.14B 7-7; o.14C: 14-7 (Oakdale) en o.14D: 14-22 (Boland)

Oakdale-puntemakers O.19a: Drieë: Vernon Paulo (4); Keaton Bush (14) en Matthew Stephens (15). Doelskoppe: Alwich vd Linde (12). Strafskoppe: Alwich vd Linde (12); Hendrik Victor (10)

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal